Archives For Randomness

I have a very valuable treasure, and I want to share it with you today… Some time ago I spent a few days in a country formerly known as Yugoslavia. It was the birth place of Mother Teresa. I came across a small, humble museum of sort – giving remembrance to this remarkable woman.

Continue Reading...

Vandag wonder ek sommer hoe baie het ons al ‘n gebed begin het met iets in die lyn van: “Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra.”

Partykeer het ek my gebede al woordeliks so begin. Ander kere was dit die presiese gesindheid in my hart.

Ek is nie een van daardie ouens wat daarvan hou om die foute in ons gebede uit te wys nie. Ons gebedslewens gaan alreeds met oorgenoeg skuldgevoelens gepaard. Om nog verder geïnhibeerd te voel omdat jy nie seker is of jy “reg” bid nie, help nie juis nie.

Maar vandag kan ek nie help om te vra of daar iets soos ‘n “sondige gebed” is nie? “Onmoontlik!”, hoor ek jou sê, “gebed is tog gesprek met God, en iets so heilig kan per definisie nie verkeerd wees nie!

Dit pla my egter hoeveel kere ons gebede rondom ons eie koninkrykies draai. Want die sin: “Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra”, is ‘n aanhaling van die woorde waarmee die seuns van Sebedeus, ‘n gesprek met Jesus begin. Dit was ‘n gesprek gebore uit hulle selfsugtige begeertes en wat hierdie twee broers se sondige, oppervlakkige harte sou ontbloot. (Mark 10:35)

Vandag wil ek bid: “Here, beskerm Nati teen narcisme. Weerhou my van die gedagte dat U wêreld om mý draai. Herinner my aan die groter prentjie – U koninkryk

Jesus het gesê…

  • Hy het gekom om te dien – en Hy het dit gedoen.
  • Hy het gekom om lewe te gee en dit in oorvloed – en Hy het dit gedoen.
  • Hy het gekom om sy lewe as losprys te gee – en Hy het dit gedoen.
  • Hy sal weer kom en jou trane afdroog – en Hy sal dit óók doen.

Jesus het gesê…

‘n Kenner van die vroeë Kerk – Gustaf Aulén – maak die interessante waarneming dat die Patristiese Kerk nie “genade” gepreek het soos ons dit vandag ken nie. Hy sê: “…the early church certainly lost something of the elemental vigour of the Pauline conception; the bestowal of grace ceased to appear altogether...”[1]

Aulén bied ook ‘n interessante verduideliking aan, vir hoekom hy van mening is dat dit gebeur het. Hy plaas die skuld vierkantig voor die deur van Continue Reading…

Christus Victor (III)

August 15, 2013 — 1 Comment

Ons is in die proses om te kyk na wat die vroeë Kerk se “Christus Victor”-teologie behels het. In week 1 het ons bietjie agtergrond oor die “Christus Victor” debat gegee. In week 2 het ons 10 eienskappe uitgelig wat kenmerkend van die vroeë Kerk se prediking was. Hierdie week kyk ons of daardie eienskappe wat hulle in hulle prediking beklemtoon is, enigsins in die Skrif gefundeer kan word. Ons toets dit met ander woorde aan die hand van die Nuwe Testament om te sien of dit enige gronde het.

1             Tweeledige karakter van versoening

Ons het gesien die vroeë kerk beklemtoon die Continue Reading…

Ons is besig om aan die hand van 5 inskrywings, die “Christus Victor“-teologie van die vroeë Kerk te ondersoek. Vandag kyk ons na die vernaamste kenmerke.

  • Deel I              Konteks van die “Christus Victor” debat
  • Deel II             Kenmerke van die “Christus Victor” teologie
  • Deel III            Konfrontering met Nuwe Testamentiese tekste
  • Deel IV           Kritiek teen die “Christus Victor” hipotese
  • Deel V            Konklusies oor die “Christus Victor” ideologie.

Inleiding

As jy jouself ten doel stel om die “Christus Victor”-teologie van die vroeë Kerk te verstaan, is daar een groot struikelblok wat jy sal moet oorkom: Jy sal Continue Reading…

For the past several years, I have used Google Reader to stay up to date with all the RSS feeds I’ve subscribed to. It kept me current with all the latest research, discoveries, ideas, debates and trends.

Unfortunately Google announced a couple of months ago that they would be closing down Google Reader on the 1st of July, in order for them to focus on fewer products. The news came as a big blow for us reader “fanatics”. Google Reader has become part of my daily routine. Below is a screenshot of my statistics on the last day of my Reader’s existence.

2013-07-01_220654

In the just over 3 years that I have used Google Reader, I have read more than 117000 items. Obviously not all of them with the same intensity – but I guess that is why StrengthsFinder terms one of my top 5 strengths as “Learner”. I absolutely LOVE knowledge and learning comes naturally for me. But even more important than learning for the sake of learning – is the fact that I believe a pastor needs to stay current on the latest news, research, debates etc.

I can really recommend using a Reader. It opens a whole new world of awareness – and it is much less time consuming than visiting different websites individually. There are a couple of options available for you to choose from. After much consideration, I decided to switch to Feedly (a friend of mine even helped me to transfer all my Google Reader tags into Feedly!). One of Feedly’s greatest assets is that it has a fantastic user interface for Android – so reading from your tablet is really no nuisance at all.

To learn more about RSS or the different “Reader” options available, have a look at this article from Time.

If you want to check out Feedly, click here.

Farewell my good friend Google Reader. You were great company…

Van die meer as 2 uur lange onderhoud met Oprah Winfrey, is die volgende 5 minute vir my die aangrypendste. Mens kan soveel lesse net uit hierdie greep haal – laat ons leer uit ander se lewens.

Ek dink aan wat C.J. Langenhoven gesê het:

Gee my ‘n man wat sê wat waar is

as die duiwel daar is.

Wat doen wat reg is,

as die regter weg is.

Wat trou by sy gewete bly,

As hy straf in plaas van beloning kry.

Huidige stand van sake

January 18, 2013 — 6 Comments

Gister was een van daardie dae wat mens nooit weer wil herleef nie. Ek en Lin het wéér ‘n babatjie verloor. Op hierdie stadium is ons nog êrens tussen verslae, geskok en baie hartseer.

Mens voel nie juis om nou veel te praat nie. Jy wil eintlik net die komberse oor jou kop trek en wag dat die nagmerrie eindig. Maar ons besef baie mense is besorgd en wil weet wat gebeur het. Met ons vorige miskraam het ons min daaroor gedeel omdat beide ek en Lindie “privaat” mense is. Party het gevoel dat ons té min met die gemeente daaroor gekommunikeer het. Daarom probeer ek om hierdie keer net ‘n paar woorde neer te skribbel.

Derde StandertjieOns het eers na die eerste trimester (wat gewoonlik die gevaarlike deel is), dit bekend gemaak dat ons weer verwagtend is. Nadat ons die nuus gebreek het, is ons egter deur die ginekoloog ingeroep. Die bloeduitslae het teruggekom en gewys dat ons babatjie ‘n verhoogde risiko vir abnormaliteite het (daar was ‘n reeks moontlike afwykings met verskriklike name. Ek onthou net dat Down sindroom een daarvan was, en dat dit na een van die beteres geklink het).

Na aanleiding van die informasie tot ons beskikking, het ons toe besluit om verdere toetse te doen. Dit sou ons meer inligting gee oor wat aan die gang is. Op die dag van die ondersoek (gister), kon die ginekoloog toe egter glad nie meer ‘n hartklop vind nie. Dit wil lyk asof ons babatjie êrens die week tevore gesterf het.

Hoe maak ons sin hiervan? Ons neem aan dat die miskraam plaasgevind het, bloot omdat daar van die begin af iets verkeerd met die swangerskap was. Wat ons nie vir die gemeente gesê het nie, was dat ons eintlik ‘n tweeling verwag het, maar dat enetjie, vroeg reeds oorlede is. Ons vermoed dus dat daar ook iets verkeerd was met die tweede babatjie, maar dat hy/sy net langer geleef het.

Lindie is oraait, sy het net kwaai seer na die operasie. Die babatjie was al te groot om net af te bring, en daarom moes die dokter ‘n volwaardige keiser nog dieselfde dag doen. Ek dink dit is wat die sleg so aksentueer – sy het al die seer van ‘n normale swangerskap sonder enige van die lekker. Jy kan vir Lindie daarvoor bid asseblief.

My gemeente ken my as iemand wat skaamteloos verkondig dat God nie die outeur van hartseer is nie, en hierby hou ek voet by stuk. Wat ek áltyd preek, herhaal ek dus nou weer. Miskien hoor iemand my besonder duidelik terwyl ek in ‘n oomblik van hartseer skryf:

  • Wat met ons gebeur het was nie God se straf nie: Hoewel daar baie dinge is waaroor God vir my en Lindie sou kón straf as Hy wou, is elkeen van daardie sondes geheel en al op die kruis van Jesus mee afgereken.
  • God is ook nie besig om ons te tug nie: Hoewel Hy díe tugtig vir wie Hy lief is, doen Hy dit deur sy Woord – nie deur hulle kanker te gee of hulle baba’s dood te maak nie. Jesus het ‘n nuwe verbond ingelei, en God handel nou met ons anders as in die oue.
  • Daar is nie ‘n sinistêre doel met dit alles nie: Jesus sit nie en organiseer natuurrampe, fratsongelukke, geweldsmisdade en dodelike siektes met ‘n geheime doel nie. So ‘n teologie pas eenvoudig nie in by hoe God Homself finaal kom openbaar het nie. Ons sê dus nie “Die Here het gegee en die Here het geneem nie.” Ons dink nie meer soos Job, dat God die enigste rolspeler in hierdie lewe is nie. Dit is ‘n oorvereenvoudiging om al die hartseer dinge wat gebeur, op die Here te blameer. Daar is verskriklik baie redes waarom slegte dinge gebeur – maar Jesus is nie een van daardie redes nie. Daarvoor is Hy té rein, té heilig en té lief vir ons. Daar is dus nie ‘n doel met seerkry nie – die Here beloof ons net dat Hy ons seerkry nie doelloos sal los nie. Mag Hy dus verheerlik word op Sy tyd en op Sy manier.

In hierdie hele petalje is daar oneindig baie dinge om voor dankbaar te wees. Ek kan opnoem en opnoem, maar as ek net een kan uitsonder is dit dat Lindie veilig is en ook geen skade opgedoen het nie. Ons sal dus weer kan kinders kry – wat wonderlik is want ek wil graag werk na die Bybelse getal van 7 toe (terg net!). Ons kom net onder die indruk hoe goed die Here vir ons was, en dat ons hartseer weglaatbaar klein is, as ons dit met mense s’n vergelyk met wie ons daagliks werk.

Ja, natuurlik is ons hartseer. Ons is baie hartseer. Ons het onwillekeuring begin droom oor die nuwe lewetjie en begin uitsien na drie kinders wat in ouderdom, naby aan mekaar gaan wees en lekker saam gaan speel. Maar – hoewel ons as Christene nie van hartseer dinge gevrywaar is nie – is ons gewaarborg dat die Here ons nooit alleen sal laat nie. En hoor my asseblief getuig dat, omdat ons die Here nie as ons teëstander sien nie, ons sy vaderhart intens kan ervaar. Ons beleef hoe Hy na ons afbuk en ons vertroos.

Intussen gaan ek en Lindie ons dus net probeer herinner dat “dood” nie die einde van die wêreld is nie. Ons lewe hierna is in Jesus toegevou – en so ook ons kinders s’n.

“I rejoice to know that the souls of all infants, as soon as they die, speed their way to Paradise” – Charles Spurgeon

Baie lief vir julle en ‘n voorreg om voltyds in die Here se wingerd te werk.

Nati & Lindie