Archives For Reflections on theology

GolgotaSo jy glo Jesus het vir jou sondes gesterf? Maar hoe het sy kruisdood jou nou juis gered? Vra hierdie vraag vir gelowiges en jy kom vinnig agter dat ons nie almal uit een mond praat nie.

Ons is tans besig met ‘n reeks oor die “Christus Victor”-hipotese. Ek wil graag in die volgende inskrywing hierdie Klassieke perspektief krities evalueer. Maar om dit sinvol te kan doen moet ek na die verskillende versoeningsmodelle verwys wat Christene deur die eeue gehandhaaf het. Om daardie rede onderbreek ek die volgorde van die Christus Victor inskrywings vir ‘n wyle. Jy ken mos Murphy se wette: “Whenever you set out to do something, something else must be done first”. Continue Reading…

MuisvalJy het waarskynlik ook met die gedagte groot geword dat jy by God die Vader in die “skuld” is vanweë jou sonde. Jesus het toe namens jou die “prys” daarvan betaal en jou sondeskuld by die Vader “gedelg”. Maar het jy geweet dat Christene vir lank eers geglo het dat die “betaling” nie aan God gemaak is nie, maar aan die Satan?

Ons is tans besig om die Christus Victor-teologie van die vroeë Kerk te bestudeer. Voor ons egter by die kritiese evaluering daarvan uitkom, is dit noodsaaklik om eers ‘n stukkie interessante agtergrondinligting te gee.

Dit is nodig dat ons ons sal vergewis van die “muisval-metafoor“… Augustinus het gesê: “crux muscipula diaboli” oftewel “die kruis is die strik vir die Duiwel”. Wat het hy hierdeur bedoel? Continue Reading…

Hoe sal jy reageer as iemand vir jou sê dat die manier waarop ons vandag die lewe en sterwe van Jesus verstaan, nie die manier is waarop die eerste Christene dit geïnterpreteer het nie? Waarskynlik sal jy (soos ek) die persoon afmaak as net nog ‘n godsdienstige kranksinnige.

Maar wat as die persoon wat hierdie beweringe maak, nie versteurd is nie maar ‘n kenner van die vroeë Kerk? Sal jy luister? Dit is die posisie waarin ek myself bevind het, toe my pad met die werk van Gustaf Aulén gekruis het. Ek het sy navorsing verrykend gevind en oordeel dat sy werk ‘n besondere bydrae lewer tot ons verstaan van wie Jesus is en wat Hy kom doen het.

Ek wil daarom graag die werk van Gustaf Aulén met jou deel, en het besluit om vir die volgende 5 Woensdae ‘n kort inskrywing oor sy boek, Christus Victor, te plaas. Kom ons verdeel die reeks aan die hand van 5 K’s:

  • Deel I              Konteks van die “Christus Victor” debat
  • Deel II             Kenmerke van die “Christus Victor” teologie
  • Deel III            Konfrontering met Nuwe Testamentiese tekste
  • Deel IV           Kritiek teen die “Christus Victor” hipotese
  • Deel V            Konklusies oor die “Christus Victor” ideologie.

1.) Konteks van die “Christus Victor” debat.

Christus VictorGustaf Aulén se navorsing oor die vroeë Kerk, help ons om ‘n voller verstaan te ontwikkel van wie Jesus was en wat Hy kom doen het. In die bestudering van die Christus Victor teologie, sal dit vir jou duidelik word dat ons geneig is om Jesus se versoeningswerk te verskraal tot die uitdelging van ons sondeskuld – terwyl Hy inderdaad méér as net dit kom doen het. Hy het kom verower en het as finale oorwinnaar getriomfeer! Maar voor ons goedskiks by al implikasies hiervan kan uitkom, moet ons eers onsself deeglik van die teologie vergewis.

Die doel van vandag se inskrywing is bloot om die tafel te dek vir wat in die volgende paar weke gaan volg. Jy wil sekerlik ‘n bietjie meer agtergrond hê oor wie en wat bogenoemde konsternasie veroorsaak het, daarom verf ek gou vir jou in breë trekke die hoofgedagtes.

2.) Agtergrond

Gustaf Aulén het in 1930 by die universiteit van Uppsala ‘n reeks lesings gegee wat verreikende gevolge gehad het. Hy was op daardie stadium ‘n professor in sistematiese teologie by die universiteit van Lund, en biskop van Strängnäs in die Kerk van Swede.

In sy lesings het hy gevra vir ‘n omvattende herbesinning oor die Kerk se leer oor versoening. Hy het so ver gegaan as om dit wat deur die Kerk geleer is, ‘n “foutiewe vertolking[1] van die tradisionele konsep oor versoening te noem, en gesê dat die Kerk haarself tans op ‘n “syspoor[2] binne die dogma van die Christendom bevind. Dit is sterk woorde, en ons sal Continue Reading…

“There is no theodicy for the world except in a theology of the Cross. The only final theodicy is that self-justification of God which was fundamental to his justification of men. No reason of man can justify God in a world like this. He must justify himself, and he did so in the cross of his Son”

P.T. Forsyth, The Justification of God: lectures for wartime on a Christian theodicy.

Forsyth on Theodicy

This is a fascinating video regarding the early Church’s social justice programs. More important than what they did – and it is wonderful to hear what they did – is the reason why they did it. Listen carefully to see how their convictions were driven by the same eschatological tension that we find in Paul’s letters. I am convinced that many of the theological questions we have today, is because we have lost this perspective.

(If you subscribed to receive blog posts via email, this post might not display correctly in your inbox. You’ll need to visit the blog to view the Youtube video)

“Learn to know Christ and him crucified. Learn to sing to him and say “Lord Jesus, you are my righteousness, I am your sin. You took on you what was mine; yet set on me what was yours. You became what you were not, that I might become what I was not.”

Martin Luther wrote this to a monk in distress about his sins (Letters of Spiritual Counsel, p110)

Luther on Justification

Have a look at this insightful interview with Archbishop Lazar from the Eastern Orthodox Church in Canada. The Eastern Orthodox Church approaches the problem of sin in quite a different manner than the typical Church of the West.

I am convinced this difference is due to the Christus Victor theology. (By the way Aulen argues in his book “Christus Victor“, that Luther also had a Christus Victor understanding of atonement, but that we misinterpreted him due to our strong Latin church tradition. I am currently trying to grasp the full extent of this theology – you will probably see a mini-series on the topic in the near future on my blog. Anyway, I really like the Eastern Orthodox Church’s holistic approach as well as the Archbishop’s comments on science. Enjoy!

(If you subscribed to receive blog posts via email, this post might not display correctly in your inbox. You’ll need to visit the blog to view the Youtube video)

“When I get honest, I admit I am a bundle of paradoxes. I believe and I doubt, I hope and get discouraged, I love and I hate, I feel bad about feeling good, I feel guilty about not feeling guilty. I am trusting and suspicious. I am honest and I still play games. Aristotle said I am a rational animal; I say I am an angel with an incredible capacity for beer. To live by grace means to acknowledge my whole life story, the light side and the dark. In admitting my shadow side, I learn who I am and what God’s grace means. As Thomas Merton put it, ‘A saint is not someone who is good but who experiences the goodness of God’.”

Manning, Brennan. The Ragamuffin Gospel: Good News for the Bedraggled, Beat-Up, and Burnt Out (p. 25)

A Bundle Of Paradoxes

Ek het onlangs die onderstaande ontvang en gedink dit is ‘n uiters goeie vraag wat ons gerus hier kan behandel:

Hi Nati, ek het n vraag. Ek lees so baie in die Bybel van die regverdige. Soos bv, Die Here sal die gebed van die regverdige verhoor. Soveel ander plekke word daar ook gepraat oor die regverdige. Wat is dit of hoe is dit om regverdig te wees?

Ek sou sê hierdie vraag het ‘n lang antwoord en ‘n kort antwoord. Die lang antwoord sou wees om te sê dat dit alles afhang van watter boek in die Bybel jy mee besig is. Verskillende Bybelse outeurs heg verskillende betekenisse aan die woord “regverdig” en mens sou elkeen kon gaan vergelyk en met mekaar opweeg. Dit sou egter ‘n vreeslike lang uiteensetting verg (wat eintlik onnodig vir ons doeleindes is).

justice-scaleDie kort antwoord wat ek dink ook heeltemal voldoende is, sou wees om die verskil te belig in die manier waarop die Ou en die Nuwe Testament die woord gebruik. In die Ou Testament verwys “regverdigheid” nie net na “onpartydigheid” nie, maar na jou doen en late oor die algemeen. Handhaaf jy met ander woorde deurgaans ‘n korrekte optrede in die praktyk. In die Ou Testament het jou “handel en wandel” jou stand voor God bepaal. Jou korrekte gedrag het gemaak of jy in God se oë “regverdig” of “onregverdig” was.

Die interessante is dat die Nuwe Testament die volgorde omdraai. Paulus sê: “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor 5:21 Ou Vertaling). Die woord wat hier vir “geregtigheid” gebruik word, kom van die Griekse woord “dikaios” wat “regverdig” beteken.

Wanneer Paulus die woord “dikaios” gebruik, gaan dit nie vir hom oor jou korrekte optrede nie, maar oor jou nuwe stand voor die Here. Christus se “dikaios” – sy volmaakte stand voor die Vader – het joune geword.

En dit is hier waar die taal van die Ou en Nuwe Testament dan drasties anders begin klink: In die Ou Testament bepaal jou gedrag, jou stand. Volgens Paulus bepaal jou stand, jou gedrag. Volgens die Ou Testament moet die mens “reg” optree om deur God “regverdig” verklaar te word. Paulus sê omdat God jou reeds “regverdig” verklaar het, sal jy vanuit jou identiteit nou “reg” leef.

Dit is ‘n reuse aksentverskil. Die persoon wat hierdie onderskeid nie verstaan nie, sal altyd verlossing wil koppel aan jou werke. Die teendeel is egter ewe belangrik, ons nuwe stand voor die Here sal uitvloeisel vind in korrekte gedrag.

Om die kort antwoord (wat nou nie meer so kort lyk nie), af te sluit – Jy wil weet wat en hoe is dit om regverdig te wees: In Christus is jy presies dìt. As jy jou Bybel vanuit die perspektief van die kruis lees, dan kan jy elke keer waar daar van die “regverdige” gepraat word, jouself daarin raaksien – te danke aan Jesus se “dikaios” wat joune geword het. Jy is regverdig – nie oor wat jy doen nie – maar oor wat Jesus gedoen het!

Vir meer oor Paulus se opinie oor die verband tussen jou stand en jou gedrag, kan jy hier klik.

It seems 2013 is not a good year for the Church. Another remarkable theologian has died this month.

Brennan Manning died in April, and I have just learned that Dallas Willard went to be with the Lord this week too.

The first book that I read from Dallas Willard, was “Hearing God. Developing A Conversational Relationship With God“. I immediately fell in love with the sensitive way he addresses complexities. I will always remember him for his passion for discipleship. He wrote books like “The Divine Conspiracy. Rediscovering Our Hidden Life In Christ.”, “Renovation Of The Heart. Putting On The Character Of Christ“. and “The Spirit Of The Disciplines. Understanding How God Changes Lives“.

The following quote comes from his book “The Great Omission. Reclaiming Jesus’ essential teachings on discipleship

Dallas-Willard

R.I.P. man of God.