Archives For Regarding Church

Vroueregte

Sê die Bybel vir ons iets oor vroueregte? Gee die Bybel vir ons enige aanduiding hoe om oor vrouens se stand in die samelewing te dink?

Dalk is jou eerste gedagte dat die Bybel nie net oor vroueregte stil is nie, maar eintlik aandadig is aan die onderdrukking van vrouens deur die eeue. Mens voel eintlik skaam om te erken dat hierdie boek waarop ons ons lewe skoei, soveel hartseer al veroorsaak het.

Die ander kant…

Maar miskien moet mens dit fyner nuanseer: Dit was in die geskiedenis nie die Bybel wat die onderdrukking van vroue voorgestaan het nie, maar die misbruikers daarvan.

Met nadere ondersoek sien mens eerder dat verskeie van die aktiviste op die voorpunt van die geveg vir gelyke regte vir vroue, Christene is. Die inhoud van die Bybelse teks roep ons inderwaarheid op om onsself vir die bemagtiging van vroue te beywer.

Klink dit te vêr gevat? Kom ek noem vir jou een voorbeeld…

Hoe status in die antieke wêreld gewerk het.

Om die verreikende konsekwensie van die Skrifgedeelte wat ter sprake gaan kom te verstaan, moet mens eers iets van “sosiale stand” in die antieke wêreld verstaan. Vandag vind mense status in die karre wat hulle ry, die huise waarin hulle bly en die oorsese vakansies waar hulle gly. In die antieke tyd het dit bietjie anders gewerk…

Eer en skande

Kom ons stel “sosiale stand” aan die hand van 10 albasters voor. Status was beperk. As ek status wen, kan ons sê groei my albasters aan tot 6. Maar my groei, impliseer iemand anders het status verloor, en staan nou op 4 albasters. Hierdie wedywering om “sosiale stand” staan as “eer en skande” bekend.

As ‘n man in status groei, kom “eer” hom toe. Noodwendig beteken die “eer” wat hom te beurt val, dat iemand anders van sy “albasters” moet afstand doen en dus “skande” op die hals haal.

Eer en skande was die twee bepalende faktore waar rondom die hele samelewing in die antieke wêreld gebou was. Dit is moeilik om die belang van hierdie sosiale waardes oor te beklemtoon.

Selfs Jesus se dialoë met die godsdienstige leiers moet teen hierdie agtergrond verstaan word. Jesus het een na die ander openbare strydgesprek gewen. Die feit dat Hy in “eer” gegroei het, het beteken dat sy teenstanders al groter “skande” oorgekom het. Geen wonder hulle wou vir Jesus doodmaak nie!

Vroulike status in die antieke wêreld.

‘n Belangrike ding om egter raak te sien, is dat hierdie stryd om “eer en skande” slegs vir mans beskore was. “Eer” was ‘n manlike waarde. Die vroulike ekwivalent van “eer” was “skaamte”.

“Skaamte” het niks met “skaamwees” te make nie. ‘n Vrou met ‘n hoë sosiale stand, het wel haar op so ‘n ingetoë manier gedra dat haar “skaamte” nie in gedrang sou kom nie. Maar as vrou kon sy nooit met mans vir “eer” meeding nie.

Die skok van die Nuwe Testament

En dit is juis op hierdie punt wat die Nuwe Testament so aardskuddend optree. 1 Petrus 3:7 lui:

“Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe.”

Besef jy hoe skokkend hierdie vir die eerste aanhoorders moes wees? Die mans word opgeroep om die manlike waarde van “eer” aan die vrouens toe te skryf – nie omdat vrouens letterlik ‘n “swakker geslag” is nie, maar omdat die samelewing van die tyd hulle as ‘n “swakker geslag” – tweederangse burgers – behandel het.

Hierdie gedagte is niks minder as rewolusionêr nie! Dit vra vir totale sosiale ommekeer! Selfs die mees progressiewe feministe van vandag, gaan sukkel om so vars aktivisties soos die Nuwe Testament op te tree.

Sê die Bybel vir ons iets oor vroueregte? Ja beslis!

Toepassing vir vandag.

Ek bly verstom hoe dikwels dit vandag nog gebeur dat vrouens in professionele beroepe, minder as hulle manlike eweknieë verdien. Dit is skreiend hoe vrouens vir poste oor die hoof gesien word, omdat hulle “dalk met kraamverlof sal moet gaan”.

As Christen kan ek my geheel en al met die beywering van gelyke regte vir vroue vereenselwig. Meer nog: Ek glo die Bybel verwag dit van ons.

This is a fascinating video regarding the early Church’s social justice programs. More important than what they did – and it is wonderful to hear what they did – is the reason why they did it. Listen carefully to see how their convictions were driven by the same eschatological tension that we find in Paul’s letters. I am convinced that many of the theological questions we have today, is because we have lost this perspective.

(If you subscribed to receive blog posts via email, this post might not display correctly in your inbox. You’ll need to visit the blog to view the Youtube video)

Ek het onlangs met ‘n groepie Nuwe Testament-studente gesels, oor die verskillende bevolkingsgroepe met wie Jesus in aanraking gekom het. Ek was opnuut geraak deur die ooreenkomste tussen Palestina van die eerste eeu, en ons huidige Suid-Afrikaanse konteks. Laat ek verduidelik.

In die tyd van Jesus, kon jy Palestina vir alle praktiese doeleindes in 3 provinsies verdeel. Die inwoners van hierdie provinsies, het elk unieke kenmerke gehad.

Provinsies van PalestinaIn die Suide was Judea. Die hoofstad van hierdie streek was Jerusalem. Dit was die Joodse hartland. Die mense wat hier gebly het was trotse ortodokse blou-bloed Jode, wat graag op die res van Palestina neergesien het.

In die Noorde van die land het jy Galilea gekry. Dit was ‘n vreeslike interessante streek. Na die wegvoer van die Jode, het ‘n verskeidenheid mense van ander nasionaliteite in hierdie gebied ingetrek. Toe die Jode van die ballingskap af terugkeer, het hulle ‘n klomp nie-Jode hier aangetref, wat enige iets van vermoënd tot skatryk was.

Baie van die Jode wat hulle hier hervestig het, het hulle lewenstyl aangepas sodat hulle nie by hulle nie-Joodse bure afgesteek het nie. Die hellenistiese lewenstyl het vir hierdie Jode ‘n nuwe statussimbool geword. Daar was egter ook Jode wat “agtergebly” het. Hulle het vasgehou aan die vroeëre manier van doen en beskeie lewens geleef. Daar is dikwels op hulle neergekyk.

Ironies genoeg is dit ook in hierdie streek waar baie van die Selote vandaan gekom het. Die Selote was daarvoor bekend om militant te wees en het dolke onder hulle kleed versteek. Hulle het niks daarvan gedink om alleenloper Romeinse soldate – of selfs ander Jode wat hulle as “verraaiers” beskou het – dood te steek nie.

Galilea was dus ‘n streek van diversiteit en uiteenlopenheid. Dit word beskryf as die kosmopolitaanse gebied van die eerste eeu. Dit was ‘n miernes van bedrywighede met ‘n verskeidenheid van nasionaliteite wat skouer aan skouer gewerk het om ekonomiese vooruitgang te beleef.

Tussen die Noorde en die Suide het jy die derde streek, Samaria, gekry. Die bevolking van hierdie gebied, het hulle herkoms ook aan die ballingskap te danke. Assirië het ‘n beleid van “wegvoer en hervestiging” gehad. Hiervolgens het hulle al die mense van ‘n volk wat die beste opgelei, hoogste gekwalifiseerd en sterkste leiers was, weggevoer en elders hervestig. Hierdeur het Assirië dit vir die oorblywende lede van ‘n volk, byna onmoontlik gemaak om in opstand te kom.

In die plek van die Jode wat in 721vC op so ‘n manier weggevoer is, het Assirië ‘n ander nasie in die streek van Samaria kom hervestig. Oor die jare, en al die oor-en-weer trouery heen, het ‘n nuwe bevolking hier ontstaan. Die Jode het hierdie “gemengde” mense verafsku. Nodeloos om te sê het die Samaritane hierdie haat, met haat terugbeantwoord.

Opmerklik

Die verstommende om te sien, is dat Jesus Hom nie laat beperk tot net een van hierdie mensegroepe nie. Op ‘n unieke manier spreek Hy tot elkeen.

Die grootste deel van Jesus se openbare optrede, vind in die kosmopolitaanse gebied van Galilea plaas. Dit was die Kaapstad of Johannesburg van vandag. Dit was waar die ekonomiese aktiwiteit was. Die mense daar was as’t ware voor ‘n konstante keuse van “sekularisasie”.

Dit was in hierdie gebied waar Jesus lering soos die Saligsprekinge gelewer het. Hoe het dit op die oor van jong selfversekerde Joodse “yuppies” geval, toe Jesus sê: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Matt 5:3 NAV)? Wat het die geharde nie-Joodse sakemanne van Kapernaum gedink toe hulle Jesus hoor sê: “Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang” (Matt 5:5 NAV)?

Laat ons nie die Selote vergeet nie. Hulle het hul eie rassehaat onder die voorwendsel van godsdiens aangeblaas – en ek sien vandag nog talle sulke mense. Het die dolke aan hulle sye skielik swaar gevoel toe hulle Jesus hoor sê: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Matt 5:9 NAV)?

En dan was daar natuurlik Judea. Dit was waar die “godsdienstiges” was. Hulle het sekuriteit daarin gevind dat hulle in die heiligste deel van die land woon. Hulle het geroem in hul ortodokse onderhouding van die wet. Hulle was soos baie van ons mees getroue kerklidmate van vandag. Hulle was nie immoreel soos die mense “daarbuite” nie. Hulle het dit hoog op prys gestel om deur ‘n etiese lewenswyse, God se guns te verdien.

Menslik gesproke het hulle al die rede in die wêreld gehad om op ander neer te kyk wat nie so getrou soos hulle aan God was nie. Maar Jesus verras ons! Nie net kies Hy om in Judea gebore te word nie, maar ook om daar te sterf. Nie een van die godsdienstiges sou dus kon sê dat sy versoeningswerk nét vir die slegte sondaars van die ander streke bedoel was nie. Hy het immers sy offer in die heiligste stad van almal – onder die neuse van die godsdienstiges – kom bring.

No one has ever made himself great by showing how small someone else is” ~ Irvin Himmel

Laastens kry ons Samaria. Die mense van hierdie plek was die “underdogs” van die samelewing. Hulle het die verkeerde agtergrond gehad. Die Jode het oor mense soos díe, gefluit en kop geskud. Hierdie mense het nie juis ‘n geskiedenis gehad om op trots te wees nie. Ons sou goedskiks kon sê dit is die mense wat ons vandag so maklik met ‘n skelnaam etiketteer en dan beter oor onsself voel: “geskeides”, “ateïste”, “junkies”, “gays”. Ons kan daarby baat om in hierdie verband die woorde van Irvin Himmel te onthou: “No one has ever made himself great by showing how small someone else is”.

Dit is ironies dat ons nie uit die geskiedenis leer nie. Die Jode se meerderwaardigheid teenoor die Samaritane, het nie gemaak dat die Samaritane harder probeer om in die Jode se goeie boekies te kom nie. Inteendeel, dit is met ‘n resiproke haat beantwoord. Jy kan immers nie verwag dat mense ‘n toegeneentheid teenoor jou sal hê, as jy op hulle neersien en hulle slegsê nie. Dan wonder mens hoekom ons so verbaas is as die mense wat ons so graag etiketteer, niks met die Kerk te make wil hê nie?

In ieder geval, ons sien dat vanweë die Jode se veragting, die Samaritane nie vir Jesus in hulle dorp wou ontvang nie (Luk 9:53). Dit was die geleentheid waarvoor Jesus se godsdienstige dissipels gewag het. Dit was soos ‘n vonk in die spreekwoordelike kruitvat. Ons lees hoe hulle gereed gemaak het om vuur vanuit die hemel op die Samaritane neer te roep, toe Jesus (soos ‘n Verlosser) vir die Samaritane in die bres treë. Die Skrif sê: “Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red.” (Luk 9:55-56 OAV).

Verbysterend. Weereens verras Jesus ons. Hy bestraf sy selfvoldane dissipels, en betoon genade aan kandidate wat onwaarskynlik is.

Opsommend

Dit is merkwaardig dat Jesus Hom nie beperk het tot een tipe gehoor nie. Meer as enige iemand anders, het Hy die vermoë om deur grense te breek en tot bevolkingsgroepe van alle kleure, geure, plekke en stande te spreek. Verder is daar te veel ooreenkomste tussen ons konteks en Jesus s’n, om te ignoreer. Ons moet kan raaksien dat Jesus ook vir ons in Suid Afrika relevant is en ‘n baie definitiewe woord het.

Die appél wat sy lewe los, is gelykertyd tydloos en eietyds. Dit is die wonder van die evangelie. Dit is die storie van hoe God aan ons genade bewys – en ons vrymaak om op ons beurt weer genade aan ander te betoon.

Pastor Youcef is safe!

September 9, 2012 — Leave a comment

I just heard that Pastor Youcef Nadarkhani was released and reunited with his family. He was arrested in 2009 and sentenced to death in 2010 by the Iranian government. Christians all over the globe started praying for his safety and his execution was amazingly withhold. All of us however held our breath to see what would be the next step. In a very unexpectant turn, the Iranian government released Youcef over the weekend after almost 3 years of imprisonment.

All I can say is “Praise God!”

For more information on Pastor Youcef, be sure to read this and this.