Archives For Sovereignty

Ons jongste word vandag een jaar oud. So amptelik is hy seker van nou af nie meer my “babatjie” nie. Maar as ek so terugdink aan sy eerste lewensjaar, dan is daar een ding wat vir my uitstaan. Ek het iets by hom gesien wat opnuut ‘n waarheid van God vir my kom onderstreep het.

Die naam van God

Maar om vir jou te sê wat ek by hom geleer het, moet ek eers iets verduidelik oor die verskillende name van God. Soos jy weet, openbaar God Homself in die Bybel aan die hand van verskillende name. Op party plekke word Hy “Elohim” genoem. Op ander plekke “Jahwe-Ropheka”. Partykeer spreek mense Hom as “Jahwe-Shalom” aan. Ander kere as “Jahwe-Nissi”.

Dit is alles dieselfde God. Net verskillende name. Amper soos wat ons van Dawid sou kon sê dat hy ‘n herder is. Maar ook ‘n musikant, én ‘n seun én ‘n pa én ‘n koning én ‘n huweliksmaat. As een mens so veelkantig is en soveel rolle kan inneem, hoeveel te meer nie God nie? En dit is wat die verskillende name van die Here doen. Elkeen beeld ‘n ander sy van God uit.

Maar Paul – my babaseuntjie – het hierdie jaar die naam “El-Shaddai” opnuut vir my oopgebreek. El-Shaddai word gewoon as “God almagtig” vertaal, of net as “die Almagtige”.

Beteken “almagtig” wat ons dink dit beteken?

Maar nou moet ons pasop dat bekendheid met die term, ons verhoed om die betekenis daarvan te hoor. Ons is geneig om te dink dat “almagtig” beteken dat God enige iets kan doen. Daar is niks wat Hom inperk nie. Maar dit is nie wat die Skrif se gedagte agter daardie woord is nie.

Kom ons neem ‘n voorbeeld: Die Bybel sê dat God getrou is. Omdat God getrou is, kan Hy nie lieg nie. Doen God se onvermoë om níe te kan lieg nie, afbreek aan sy almagtigheid? Sou Hy méér almagtig gewees het, as Hy wel kon lieg? Beslis nie! Valsheid is immers swakheid.

God se “almag” verwys dus nie na ‘n soort vermoë wat Hy het om alles en enige iets te doen nie. Almag verwys eerder na die vermoë om sy Goddelike wil – wat altyd met sy Goddelike natuur in lyn is – tot uitvoer te bring.

‘n Dieper kyk na die woord “Shaddai”.

Hoewel die gedagte agter die woord “Shaddai” met krag verbandhou, het dit niks met geweld te make nie. Dit probeer eerder iets van “alles-genoegsaamheid” te kenne gee.

Sheddim

‘n Antieke afgod met verskeie borste.

Mens moet altyd versigtig wees om te veel van etimologie te maak. Maar ek dink tog dit kan ons in hierdie geval help as mens gaan kyk na waar die woord “shaddai” vandaan kom. In wese verwys “shaddai” na borste. Die woord “shad” word vertaal as “bors” – of meer spesifiek as ‘n vrou se bors.[1]

Dit lyk nie of hierdie konsep beperk was tot net die God van die verbondsvolk nie. Op party plekke sal die Hebreeuse Bybel ook na die “sheddim” verwys, as daar van afgode gepraat word. ‘n Baie letterlike vertaling van die woord “sheddim” sou jou by iets soos “veel-borstige-afgode” uitbring, maar in die Afrikaans word dit gelukkig net vertaal met “veldduiwels”.[2] Beide die argeologie en ook die kuns, bevestig vir ons dat dit nie vir heidene ongewoon was om hul afgode met verskeie borste uit te beeld nie.

Waar “sheddim” egter ‘n perversie van die afgodsdiens was, is El-Shaddai die ware gewer van lewe. Hy gee van Homself. En ons ontvang genade op genade.

Van die kop na die hart.

Bogenoemde is kopkennis. Totdat jy ‘n babatjie kry. Jong ouers sal weet waarvan ek praat. Jou babatjie is rusteloos. Hy steun en kreun. Dalk huil sy al tot so ‘n mate dat niks haar meer troos nie. Jy wil die babatjie voer, maar die gewone kos wat ons eet kan sy ook nie inneem nie. Die pa is al raadop. Daar is net een iets wat die kind tot rus kan bring: Die Ma se bors.

Die Ma se bors gee lewe. Dit verkwik. Dit vertroos. Aan haar bors het die Ma byna totale beheer oor haar kind. Dit klink soos ‘n paradoks, maar daar is niks wat soveel krag het, soos ‘n Ma nie.

Nee, God se almag maak nie van Hom iemand wat sy spiere bult en met geweld Hom aan alles vergryp wat Hy wil nie. Sy almag is ook nie ‘n towerstaf wat ek in gebed hied en gebied om myself uit die verknorsing te kry nie. God se almag lyk eerder soos die effek wat ‘n ma se bors op haar kind het.

Die een les wat ek hierdie jaar geleer het.

10413325_10153340191857008_3377183331573183676_nMale sonder tal het ek hierdie jaar gekyk terwyl my vrou ons babatjie borsvoed. In daardie oomblikke het hy nie nukke en grille nie. Alle weerstand verkrummel. Dit is ‘n prentjie van teerheid, versorging en sekuriteit, Totale rus en vrede daal op hom neer. In daardie prentjie het ek my eie verhouding met die Here gesien.

Menige keer het ek net na hulle gesit en kyk terwyl ek ‘n gebed prewel: “Voed my ook, Here. Verkwik my. U is vir my ‘alles-genoegsaam’. U is ‘El-Shaddai’.”

Jesaja 66:13
“Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”

 

 

[1] Kyk byvoorbeeld in hierdie verband na Ps 22:10 en die meervoud in Job 3:12

[2] Sien byvoorbeeld Deut 32:17

Reading Roundup

November 2, 2012 — Leave a comment

Here’s my weekly Reading Roundup with some links you might find interesting. Because of hurricane Sandy’s prominence in this week’s news, I thought it a good idea to focus on links that tries to make sense of a devastating natural disaster and God’s providence and love. As the readers of this blog will know, I feel very strongly about not blaming God for our suffering.

  1. Firstly, let us start with some polarizing thoughts on the subject and how it surfaced in online conversations.
  2. I was relieved to see that not all Christians interpreted Sandy as God’s wrath. I especially enjoyed this article in ChristianityToday.
  3. Max Lucado wrote on “Where was God when Sandy hit?“. He has a nice perspective.
  4. Kent Annan gave 5 excuses to avoid after a natural disaster. A must read for every Christian.
  5. Here is a link about Tullian Tchividjian’s new book “Glorious Ruin“. I haven’t read it yet, but I assume that he works with a more Calvinistic perspective on suffering, because Tullian is a Reformed minister. It seems to be a thoughtful book though.
  6. Back here on South African soil, another lecture was given about the (supposed) proper place of Satan in your theology. Personally I can’t side with the liberals – saying that he is nothing more than a mere fictitious character. But neither can I side with the conservatives – giving Him much more credit than he deserves. I believe he is a very real enemy – but a beaten one I must add. Believing in the finished work of Christ, means that I do not fight for victory but from victory.
  7. Lastly, one for the Tech junkies out there. My friends know that I’m a passionate advocate for Android devices. Here’s a list of 25 apps to get you started – most of which I didn’t even know of.

Enjoy your weekend!

1359080_32097935Op ’n dag sit ek by ’n gesinnetjie wat pas deur rowers in hul huis aangehou is. Hulle was erg getraumatiseer. Die Pa van die huis het gelukkig koelkop gebly en deurgaans probeer om sy kinders kalm te hou. Dit was ’n deurslaggewende rede hoekom hulle oorleef het. Maar na afloop van die roof is hy kwaad. Waarom het God sy gesin deur hierdie trauma gesit?

Ek was ietwat uit die veld geslaan om te hoor dat Hy dink God agter hierdie gewelddadige roof sit. God sal immers nie iets veroorsaak, wat Hy in sy Woord verbied nie (?!). Toe ek hom in groter diepte daaroor uitvra, kom ek agter dat Hy vir God kwaad is, omdat die Bybel sê dat daar nie eens ’n mossie op die grond sal val, sonder dat God ‘n aandeel daarin het nie.

Kom ons gaan kyk bietjie na hierdie teks. Ek dink jy sal geskok wees as jy sien hoe ‘n “voorsienigheidsleer” of ’n “leer oor God se allesbeskikking” ’n bril geword het waarmee ons  die Bybel vertaal het – tot so ’n mate dat die bril ons verblind het. Onbewus van ons vooropgestelde idees, het ons die Afrikaanse Bybel dinge laat sê wat die oorspronklike Grieks glad nie sê nie.[1]

Val daar mossies sonder dat dit God se wil is?

In die nuwe vertaling lui Matteus 10:29 byvoorbeeld:

Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie” (Matt 10:29 NAV)

Die waarheid is egter dat die frase “die wil van” glad nie eens in die oorspronklike Griekse teks voorkom nie. Dit het in die teks ingesluip omdat dit die teologie van die vertaler is, naamlik dat God “alles beskik”. Jy kan in die ou vertaling sien (wat ‘n meer letterlike vertaling is), dat hierdie frase in die Griekse teks ontbreek:

Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie” (Matt 10:29 OAV)

Dat nie een mossie “sonder die Vader val” nie, sinspeel daarop hy elkeen wat val, raaksien. Ons weet dit omdat die paralelle lesing in Lukas dit bevestig:

Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie” (Luk 12:6 NAV)

Daar is egter ’n groot verskil om van elkeen se val bewus te wees, teenoor om elkeen se val te beskik. Om hartseer raak te sien is heeltemal anders as om dit te veroorsaak! Die lewende Bybel se weergawe van hierdie teks is selfs skreiender omdat hulle nog ’n stappie verder gegaan het:

Julle weet hoe min ’n mossie werd is. ’n Mens kan twee van hulle vir een geldstukkie koop. En tog kan nie een van hulle op die grond val as julle Vader dit nie toelaat nie” (Matt 10:29 LB)

Hierdie vertaler is totaal verblind deur sy teologie van “allesbeskikking”. Daar staan verseker nie in die Grieks dat die Vader elke mossie se val “toelaat” nie. In die geval van Jesus se uitspraak oor die mossies, is die nuwe lewende vertaling se weergawe is getrouste aan die intensie van die Griekse teks:

Julle weet dat twee mossies vir ’n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarvan weet nie” (Matt 10:29 NLV)

Ly martelare omdat dit God se wil is, of omdat hulle God se wil doen?

Kan jy sien hoe verskillende vertalers dieselfde teks op verskillende maniere vertaal het? Daar is talle voorbeelde waar die teologie van die Bybelvertaler in die vertaling neeslag vind en op die ou einde die boodskap van die teks in gedrang bring. In die nuwe vertaling skep 1 Petrus 4:19 byvoorbeeld weereens die indruk dat dit God se wil is as gelowiges ly.

Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen” (1 Pet 4:19 NAV)

Die nuwe lewende vertaling stel egter die fout reg deur te wys dat die gelowiges nie gely het omdat dit God se wil is nie, maar eerder omdat hulle God se wil gedoen het. Hulle is met ander woorde vervolg omdat hulle vir God opgestaan het.

As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het. Hy sal julle nooit in die steek laat nie” (1 Pet 4:19 NLV)

Besoedel met ‘n giftige Godsbegrip.

Bogenoemde voorbeelde van foutiewe Skrifinterpretasie, het ongelukkig Christene generasies lank met die idee vergiftig dat God álles (goed en sleg) tot in die fynste detail vooruit beplan. Hy bepaal selfs die presiese plekkie waar die kleinste reëndruppel moet val. Hy beskik álles.

In alle billikheid moet daar gesê word dat hierdie begrip gebore is uit ’n edel behoefte om God as heerser te besing. Die hartseer is net dat dit op die ou einde God se naam deur die modder sleep: As dit waar was dat God alles tot in die fynste detail beplan – en jy sien die oorstromings in een wêrelddeel en die droogtes in ‘n ander – dan lyk dit nie of die Here vir die taak opgewasse is nie. Met alle respek wil ek sê dat selfs ’n kind water met groter oordeelsvermoë sou kon verdeel.

As al die gruwelikste maniere waarop mens en dier omkom, die werk van ’n “liefdevolle God” is, dan is dit oorbodig om in jou teologie ruimte vir die werk van Satan te los. Vra jouself af of jy regtig God aandadig wil maak aan die duisende vrouens en kinders wat nakend in Auschwitz konsentrasiekamp se sneeu staan, onsedelik aangerand word, en daarna gewetenloos vermoor word?

Dit bring vir God se naam veel meer eer as ons sê dat daar baie dinge in hierdie lewe gebeur wat nie deur sy toedoen plaasvind nie. God is met ander woorde nie die een wat ’n gewapende roof organiseer nie. Hy wil die een wees wat sy kinders in die midde daarvan kalm hou en vertroos – baie soos die aardse pa aan die begin van hierdie inskrywing. As ’n aardse pa vol foute immers die begeerte het om sy kinders te kalmeer en van gevaar te skerm, hoeveel te meer nie ons perfekte hemelse pa nie?



[1] Op hierdie punt wil ek dit beklemtoon dat die foute wat vertalers maak, onbewustelik is. Hulle is ernstige gelowiges wat lief is vir die Here net soos ek en jy. Niemand het die Bybel oorvertaal en gedink: “Kom ek kyk of ek die lesers kan bedrieg nie”. Die foute wat hulle maak is onbewustelik en dikwels kom dit aan die lig eers met retrospek. Dit neem egter nie die feit weg dat dit foute is nie. Daarom mag ons ook foute uitwys en beter alternatiewe aanbied.

Reading Roundup

October 12, 2012 — Leave a comment

Here is my friday Reading Roundup with some articles you might find interesting:

  1. By now the readers of this blog will know that I have a very strong opinion about how we interpret suffering. I believe there are some things that we simply cannot reconcile with the father heart of the Lord. Hence, a very cramped Calvinistic perspective on suffering does not make any sense to me. In this article Greg Boyd answers the question “Would God kill a baby to teach parents a lesson?”. Read it! It resonated strongly with what I believe and I thoroughly enjoyed it.
  2. NewScientist published a short post on “How expectations shape your life”. Again, when I got to know my heavenly Father’s heart, it really changed my expectations for life. For one, I am not afraid that the Lord will “take” (kill) my children anymore.
  3. There is always an ongoing speculation about the influence a parent can have on the earliest stages of an infant’s mental development. Well, a new study suggests that even if the baby bonds with only parent, the child will experience fewer emotional and behavioral problems in childhood.
  4. Interesting article on the treatment of OCD: “Obsessive-compulsive disorder (OCD) is usually treated as a stand-alone mental illness. A growing body of research is now finding that some cases of OCD may stem from trauma. For these patients, successful treatment may hinge on targeting the coexisting post-traumatic stress disorder.”
  5. Interesting article on why someone might relapse into a certain phobia.
  6. Why and how do we change our minds? This study on adaptability might give us some clues.
  7. I often feel stumped when it comes to pastoral cases of self-mutilation. This article gives some advice that I think is particular valuable for parents.

Die Here se weë is nie ons weë nie”. Dit is wat ons altyd hoor in tye van trauma en fratsongelukke. Sonder om twee keer daaroor te dink, blaker ons dit uit asof die blote aanhoor daarvan vertroosting moet bied.

Mense bedoel daarmee dat wat vir ons “sleg” is, nie noodwendig vir God “sleg” is nie. Ons “sleg” is God se “goed”. Hoewel iets vir jou “pynlik” is, weet God kwansuis dat jy by dit sal “baat”.

Die Bybelgedeelte wat gebruik word om aan te toon dat God se waardes van die mens s’n verskil, vind ons in die profetiese literatuur. ‘n Gedeelte uit Jesaja lui: “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes” (Jes 55:8 OAV).

C.S. Lewis oor God se waarde-oordeel.

Het jy al die konsekwensie daarvan deurdink om te wil voorgee dat God se “goed” van ons “goed” verskil? Die bekende wysgeer C.S. Lewis het die gevaar daarvan raakgesien. Hy sê Continue Reading…

‘n Vernielde vrou

August 7, 2012 — Leave a comment

Ek het vandag by ‘n interessante tannie* gekuier. Die bedoeling was om net gou in te val vir ‘n vinnige kennismaak. Dit het egter uitgedraai in ‘n besoek van etlike ure lank. Sy voer ‘n kluisenaarsbestaan en was uitgehonger vir gesprek.

Haar huidige situasie lyk benard. Haar liggaam is rietskraal. Sy het emfiseem en tuberkulose. Sy’t osteoporose en bipolêre depressie. Haar man is dood. Haar kinders het geëmmigreer. Haar geld is op.

Haar verlede klink nog erger. Haar ma het gesterf toe sy nog ‘n klein dogtertjie was. Haar pa het haar aan ander mans uitverhuur. Sy het van huis tot huis gelewe en van dorp tot dorp getrek. Rillerfilms word van die soort dinge gemaak.

Deesdae is sy tot haar bed ingeperk. Die lewe het haar oud gemaak. Ek lei af sy is naby aan sestig. Sy lyk vir my tagtig. Daar is iets tragies aan haar uitgeteerde figuur.

Die hartseerste is egter die manier hoe sy oor alles probeer sin maak. Dit het my diep ontstel. Sy glo die lewe het hierdie draaie met haar geloop, om haar ‘n sterker mens te maak. Sy glo God het dinge so bestuur, om haar vir Hom te louter.

Ek weet nie eens waar om te begin nie. Hoe verduidelik ek vir haar dat God nie lyding gebruik om ons na sy sin te skaaf en te skuur nie? Die kruis het ons immers vir Hom aanvaarbaar gemaak.[1] Hoe verduidelik ek aan iemand wat nog altyd glo dat God elke fynste detail haar lewe bestuur, dat baie dinge in hierdie lewe sonder sy goedkeuring gebeur?

Ek weet nie waar om te vat en waar om te los nie. Ek weet net daar is iets ernstig verkeerd met ‘n teologie wat God aandadig maak vir al die seer in hierdie lewe.

Ek kan nie help om te wonder hoe haar prentjie van God lyk nie. Ek weet net ek vind nie by dit aanklank nie. Dit klink vir my al te veel of sy haar aardse Pa beskryf.

*Die beskrywing van die tannie is ietwat gewysig om haar identiteit te bewaar.

[1]Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig” (Heb 10:14 NLV)