• 2.) Reflections on the Bible & theology

    Wat die aanhef van Korintiërs oor Jesus se Godheid sê

    Ek hoor gereeld mense wat aanvoer dat Jesus se “Godheid” ‘n konsep is wat veel later ontstaan het, en dat die Nuwe Testament nie probeer om Jesus in daardie lig te stel nie. Wanneer ons dit in die Nuwe Testament kwansuis sou “raaklees”, is dit omdat ons hierdie latere ontwikkeling van denke, in die teks “teruglees” of “in-lees”. Ek byt altyd op my lip as ek hierdie argument hoor, want mens kan so baie foute met hierdie redenasie uitwys. Een van my grootste probleme met die genoemde argument, is dat die kritici merkers in die teks soek wat in Trinitariese taal oor Jesus se Godheid praat. Maar net omdat die…