-
Val daar mossies sonder God se wil?
Op ’n dag sit ek by ’n gesinnetjie wat pas deur rowers in hul huis aangehou is. Hulle was erg getraumatiseer. Die Pa van die huis het gelukkig koelkop gebly en deurgaans probeer om sy kinders kalm te hou. Dit was ’n deurslaggewende rede hoekom hulle oorleef het. Maar na afloop van die roof is hy kwaad. “Waarom het God sy gesin deur hierdie trauma gesit?” Ek was ietwat uit die veld geslaan om te hoor dat Hy dink God agter hierdie gewelddadige roof sit. God sal immers nie iets veroorsaak, wat Hy in sy Woord verbied nie (?!). Toe ek hom in groter diepte daaroor uitvra, kom ek agter…
-
On secularism & suffering
-
Verskil “God se weë” regtig van ons s’n?
“Die Here se weë is nie ons weë nie”. Dit is wat ons altyd hoor in tye van trauma en fratsongelukke. Sonder om twee keer daaroor te dink, blaker ons dit uit asof die blote aanhoor daarvan vertroosting moet bied. Mense bedoel daarmee dat wat vir ons “sleg” is, nie noodwendig vir God “sleg” is nie. Ons “sleg” is God se “goed”. Hoewel iets vir jou “pynlik” is, weet God kwansuis dat jy by dit sal “baat”. Die Bybelgedeelte wat gebruik word om aan te toon dat God se waardes van die mens s’n verskil, vind ons in die profetiese literatuur. ‘n Gedeelte uit Jesaja lui: “Want my gedagtes is…