-
Hoe toets mens of jy die Here reg hoor?
Hoe kan mens seker maak dat jy die Here se stem reg hoor? Waaraan toets mens jou ervaring om te sien of jy God se leiding korrek interpreteer? Ken jy die verhaal van die rotsagtige baai waar verskeie skepe gesink het? Daar was soveel skepe wat skipbreuk gelei het, dat die owerhede in plaas van een lighuis, drie verskillende ligte moes oprig. As ‘n skip die hawe veilig wou binnevaar, moes hy sorg dat al drie ligte agter mekaar was sodat daar as’t ware net een lig sigbaar is. Slegs as al die ligte met mekaar opgelyn was, sou die skip die hawe veilig kon binnevaar, sonder om op die…
-
Hoe herken ‘n mens die Here se stem?
Waarna luister jy as jy God se stem wil hoor? Op watter tipe dinge slaan jy ag as jy die Here se leiding wil ervaar? Dit is waarna ons vandag gaan kyk. Ek wil 7 maniere uitlig hoe jy die Here se stem kan herken. Ek vertrou dat dit jou nog baie in die toekoms sal help: 1.) Gesprek in die eerste persoon Die kanse dat God ooit in ‘n hoorbare stem met jou gaan praat is baie skraal. Selfs in die Bybel was dit meer die uitsondering as die reël. Tog wag ons almal vir die dag wat jy skielik in jou gedagtes jou naam met ‘n gepaardgaande boodskap,…
-
Hoe hoor ‘n mens God se stem?
Praat God enigsins vandag nog? Ek wil graag in hierdie maand met jou praat oor hoe ons God se stem hoor. Vir die volgende vier weke gaan ons elke Woensdag ‘n ander aspek behandel van hoe om God se leiding te ervaar. Elke week gaan ons net ‘n kort gedagte omtrent die onderwerp wissel. Vandag ondersoek ons net die vraag of God enigsins nog deesdae met ons praat – en of dit nie ‘n groot klug is nie. Miskien is jou eerste reaksie dat dit nogal voorbarig is om voor te gee dat dit moontlik is om God te hoor praat – selfs gevaarlik. Daar is immers oral rondom ons…