3.) Reviewing material

  • 2.) Reflections on the Bible & theology,  3.) Reviewing material

    Christus Victor (Deel II)

    Ons is besig om aan die hand van 5 inskrywings, die “Christus Victor“-teologie van die vroeë Kerk te ondersoek. Vandag kyk ons na die vernaamste kenmerke. Inleiding As jy jouself ten doel stel om die “Christus Victor”-teologie van die vroeë Kerk te verstaan, is daar een groot struikelblok wat jy sal moet oorkom: Jy sal daarvan moet vergeet om ‘n fyn uitgewerkte teologiese les te vind, wat hierdie leerstelling logies gaan uiteensit. Jy sien, ons wil as’t ware hê dat ‘n voorstander van die “Christus Victor”-teologie, vir ons sistematies verduidelik wat hulle propageer. Dan wil ons dit met Anselmus se “teorie van bevrediging” vergelyk, dit teen mekaar opweeg en ‘n oordeel…

  • 2.) Reflections on the Bible & theology,  3.) Reviewing material

    Christus Victor (Deel I)

    Hoe sal jy reageer as iemand vir jou sê dat die manier waarop ons vandag die lewe en sterwe van Jesus verstaan, nie die manier is waarop die eerste Christene dit geïnterpreteer het nie? Waarskynlik sal jy (soos ek) die persoon afmaak as net nog ‘n godsdienstige kranksinnige. Maar wat as die persoon wat hierdie beweringe maak, nie versteurd is nie maar ‘n kenner van die vroeë Kerk? Sal jy luister? Dit is die posisie waarin ek myself bevind het, toe my pad met die werk van Gustaf Aulén gekruis het. Ek het sy navorsing verrykend gevind en oordeel dat sy werk ‘n besondere bydrae lewer tot ons verstaan van…

  • 1.) Relationship with Jesus,  3.) Reviewing material

    Wat Jesus se moeder Maria vir ons leer

    In hierdie Kerstyd wil ek een van Francis Schaeffer se treffende gedagtes met jou deel. Dit het betrekking op Maria se reaksie op die aankondiging van die engel. Die konteks waarin Schaeffer oor Maria skryf, handel oor die gesindheid van “aktiewe-passiwiteit” wat in ‘n gelowige se verhouding met die Here moet wees – ‘n begrip wat vir die eerste keer deur Schaeffer bekend gemaak is. Dit is ‘n gedagte wat hy redelik aan die begin van sy boek “True Spirituality” beskryf, en dan herhaaldelik deur die loop van die boek daarna terugverwys. Dit is dus nogal ‘n belangrike konsep vir hom – en ek het self ook baie by dit…

  • 1.) Relationship with Jesus,  3.) Reviewing material

    How two brothers handled the same problem differently

    Once upon a time there were two brothers. Both of them had their own businesses. Both of them were hard workers. And both of them were in deep financial trouble. The economic recession had a horrendous impact on their companies. Neither of them had the ability anymore, to pay staff members or creditors. Finally the one brother came to a place where he had to make the most difficult decision of his life: He decided to file for bankruptcy. Though the other brother’s situation did not look any better, he made the decision to keep on trying. He enrolled for a debt-counseling program, and his creditors gave him reprieve for…

  • 3.) Reviewing material

    Kan ons nog in wonderwerke glo?

    Kan ons nog in wonderwerke glo? Hoe weeg mens die geloofwaardigheid van die “wonderverhale” waarvan ons in die Bybel lees of wat ons in resente gesprekke teëkom? 1.) Ons elkeen wonder partykeer… Dit het ons almal al oorgekom. Jy bevind jouself op ‘n plek waar jy die Bybel se wonderwerke bevraagteken. “Het dit regtig gebeur?” “Berus dit op geloofwaardige getuienis?” “Is dit nie van my dom om daarin te glo nie?” Of jy hoor miskien hoe jou vriend een of ander bisarre gebeurtenis aan ‘n bonatuurlike ingryping van God toeskryf – en jy kan nie help om te wonder of daar dalk ‘n meer natuurlike verduideliking vir die verskynsel is…