• 2.) Reflections on the Bible & theology,  6.) Rethinking scenarios

    Val daar mossies sonder God se wil?

    Op ’n dag sit ek by ’n gesinnetjie wat pas deur rowers in hul huis aangehou is. Hulle was erg getraumatiseer. Die Pa van die huis het gelukkig koelkop gebly en deurgaans probeer om sy kinders kalm te hou. Dit was ’n deurslaggewende rede hoekom hulle oorleef het. Maar na afloop van die roof is hy kwaad. “Waarom het God sy gesin deur hierdie trauma gesit?” Ek was ietwat uit die veld geslaan om te hoor dat Hy dink God agter hierdie gewelddadige roof sit. God sal immers nie iets veroorsaak, wat Hy in sy Woord verbied nie (?!). Toe ek hom in groter diepte daaroor uitvra, kom ek agter…