-
Christus Victor (Deel II)
Ons is besig om aan die hand van 5 inskrywings, die “Christus Victor“-teologie van die vroeë Kerk te ondersoek. Vandag kyk ons na die vernaamste kenmerke. Inleiding As jy jouself ten doel stel om die “Christus Victor”-teologie van die vroeë Kerk te verstaan, is daar een groot struikelblok wat jy sal moet oorkom: Jy sal daarvan moet vergeet om ‘n fyn uitgewerkte teologiese les te vind, wat hierdie leerstelling logies gaan uiteensit. Jy sien, ons wil as’t ware hê dat ‘n voorstander van die “Christus Victor”-teologie, vir ons sistematies verduidelik wat hulle propageer. Dan wil ons dit met Anselmus se “teorie van bevrediging” vergelyk, dit teen mekaar opweeg en ‘n oordeel…
-
Christus Victor (Deel I)
Hoe sal jy reageer as iemand vir jou sê dat die manier waarop ons vandag die lewe en sterwe van Jesus verstaan, nie die manier is waarop die eerste Christene dit geïnterpreteer het nie? Waarskynlik sal jy (soos ek) die persoon afmaak as net nog ‘n godsdienstige kranksinnige. Maar wat as die persoon wat hierdie beweringe maak, nie versteurd is nie maar ‘n kenner van die vroeë Kerk? Sal jy luister? Dit is die posisie waarin ek myself bevind het, toe my pad met die werk van Gustaf Aulén gekruis het. Ek het sy navorsing verrykend gevind en oordeel dat sy werk ‘n besondere bydrae lewer tot ons verstaan van…