-
Wat Jesus se moeder Maria vir ons leer
In hierdie Kerstyd wil ek een van Francis Schaeffer se treffende gedagtes met jou deel. Dit het betrekking op Maria se reaksie op die aankondiging van die engel. Die konteks waarin Schaeffer oor Maria skryf, handel oor die gesindheid van “aktiewe-passiwiteit” wat in ‘n gelowige se verhouding met die Here moet wees – ‘n begrip wat vir die eerste keer deur Schaeffer bekend gemaak is. Dit is ‘n gedagte wat hy redelik aan die begin van sy boek “True Spirituality” beskryf, en dan herhaaldelik deur die loop van die boek daarna terugverwys. Dit is dus nogal ‘n belangrike konsep vir hom – en ek het self ook baie by dit…
-
Hoe verduidelik mens die verharding van die Farao se hart?
Ek het Sondag ‘n gedeelte uit Eksodus met my gemeente gelees. Toe ek dit saam met hulle lees, het ek besef dat die teks waarskynlik by hulle ‘n vraag skep, wat ek vanweë beperkte tyd, nie sal kan antwoord in die betrokke erediens nie. Daar was bloot net te veel ander aspekte waarop ek moes fokus. Die vraag handel oor die hele interessante tema rondom die verharding van die Farao se hart. Dit is ‘n uitdrukking wat ons 20 keer tussen Eks 4-14 teëkom. Wat egter vir ons die probleem verskaf, is dat dit vir ons in 10 van die 20 voorbeelde lyk asof dit die Here is wat die…