-
Kan ons nog in wonderwerke glo?
Kan ons nog in wonderwerke glo? Hoe weeg mens die geloofwaardigheid van die “wonderverhale” waarvan ons in die Bybel lees of wat ons in resente gesprekke teëkom? 1.) Ons elkeen wonder partykeer… Dit het ons almal al oorgekom. Jy bevind jouself op ‘n plek waar jy die Bybel se wonderwerke bevraagteken. “Het dit regtig gebeur?” “Berus dit op geloofwaardige getuienis?” “Is dit nie van my dom om daarin te glo nie?” Of jy hoor miskien hoe jou vriend een of ander bisarre gebeurtenis aan ‘n bonatuurlike ingryping van God toeskryf – en jy kan nie help om te wonder of daar dalk ‘n meer natuurlike verduideliking vir die verskynsel is…