• 1.) Relationship with Jesus

    Hoe hoor ‘n mens God se stem?

    Praat God enigsins vandag nog? Ek wil graag in hierdie maand met jou praat oor hoe ons God se stem hoor. Vir die volgende vier weke gaan ons elke Woensdag ‘n ander aspek behandel van hoe om God se leiding te ervaar. Elke week gaan ons net ‘n kort gedagte omtrent die onderwerp wissel. Vandag ondersoek ons net die vraag of God enigsins nog deesdae met ons praat – en of dit nie ‘n groot klug is nie. Miskien is jou eerste reaksie dat dit nogal voorbarig is om voor te gee dat dit moontlik is om God te hoor praat – selfs gevaarlik. Daar is immers oral rondom ons…

  • 1.) Relationship with Jesus,  3.) Reviewing material

    How two brothers handled the same problem differently

    Once upon a time there were two brothers. Both of them had their own businesses. Both of them were hard workers. And both of them were in deep financial trouble. The economic recession had a horrendous impact on their companies. Neither of them had the ability anymore, to pay staff members or creditors. Finally the one brother came to a place where he had to make the most difficult decision of his life: He decided to file for bankruptcy. Though the other brother’s situation did not look any better, he made the decision to keep on trying. He enrolled for a debt-counseling program, and his creditors gave him reprieve for…

  • 4.) Research on science

    Het Jesus ‘n vrou gehad?

    Ek was lanklaas só opgewonde oor ‘n ontdekking wat gemaak is! Die afgelope week het dit in die media gegons oor die nuutgevonde stukkie papirus, waarin Jesus die woorde “my vrou” gebruik. Hierdie antieke teks word nou “die evangelie van Jesus se vrou” genoem. Nodeloos om te sê het dit groot opskudding veroorsaak. Beriggewing oor die nuwe fonds het plaaslike en internasionale koerante gehaal. Ten spyte van al die mediadekking, bestaan daar ongelukkig heelwat verwarring onder Christene oor wat die implikasie van die nuwe ontdekking is. Ek kan verstaan hoekom daar so baie misverstand is. Smithsonian het byvoorbeeld ‘n dokumentêre program gemaak wat absoluut gedryf is deur sensasie (om dit…

  • 2.) Reflections on the Bible & theology

    Verskil “God se weë” regtig van ons s’n?

    “Die Here se weë is nie ons weë nie”. Dit is wat ons altyd hoor in tye van trauma en fratsongelukke. Sonder om twee keer daaroor te dink, blaker ons dit uit asof die blote aanhoor daarvan vertroosting moet bied. Mense bedoel daarmee dat wat vir ons “sleg” is, nie noodwendig vir God “sleg” is nie. Ons “sleg” is God se “goed”. Hoewel iets vir jou “pynlik” is, weet God kwansuis dat jy by dit sal “baat”. Die Bybelgedeelte wat gebruik word om aan te toon dat God se waardes van die mens s’n verskil, vind ons in die profetiese literatuur. ‘n Gedeelte uit Jesaja lui: “Want my gedagtes is…

  • 3.) Reviewing material

    Kan ons nog in wonderwerke glo?

    Kan ons nog in wonderwerke glo? Hoe weeg mens die geloofwaardigheid van die “wonderverhale” waarvan ons in die Bybel lees of wat ons in resente gesprekke teëkom? 1.) Ons elkeen wonder partykeer… Dit het ons almal al oorgekom. Jy bevind jouself op ‘n plek waar jy die Bybel se wonderwerke bevraagteken. “Het dit regtig gebeur?” “Berus dit op geloofwaardige getuienis?” “Is dit nie van my dom om daarin te glo nie?” Of jy hoor miskien hoe jou vriend een of ander bisarre gebeurtenis aan ‘n bonatuurlike ingryping van God toeskryf – en jy kan nie help om te wonder of daar dalk ‘n meer natuurlike verduideliking vir die verskynsel is…